Thaba hou Bosveldfees

Thabazimbi – Thaba Nkwe het op Saterdag 6 April die Bosveldfees aangebied.
‘n Gedeelte van die fondse wat ingesamel is, gaan na die Suid Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF), ten bate van hulle I Care fonds.
Die I Care fonds word gebruik om kinders te help, wat mediese sorg nodig het en ouers nie ‘n mediese fonds kan bekostig nie. Verskeie uitstallers was die dag op die terrein.
Almal was bekommerd dat die fees dalk sou uitreën, na die heerlike reën wat die Vrydag hier in die Bosveld geval het, maar dit was ‘n lieflike dag.
Baie dankie aan elke lid van die gemeenskap wat die fees bygewoon en ondersteun het.
