Zonneblom vat top tak van Bosveld-streek

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Dinsdag 12 Maart en Woensdag 13 Maart hul jaarlikse konferensie vir die Bosveld-streek gehou in Thabazimbi.
Die Zonneblom-tak het met trane en trots die Top Tak 2019 toekenning vir die bosveld-streek ontvang!
Hul het weggestap met die volgende pryse:
- Rhona Jacobs – Derde plek vir beginners blomme
- Michelle Smit – Derde Plek vir gevorderde blomme
- Gerda Smit – Tweede plek vir ope blomme
- Zonneblom-tak – Eerste plek vir blomme totaal
- VLU Bosveld-tak van die jaar 2019
Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, skakel gerus vir Thereasa Tolmay, skakelbeampte by 072 544 5168.
