Hope pret by die Koedoefees!

Thabazimbi – Die NG Kerk Koedoeskop het op Saterdag 30 Maart hul twaalfde Koedoefees gevier.
Feesgangers kon kies en keur tussen die verskeidenheid stalletjies.
Daar was ‘n demonstrasie van plaasimplemente en Big Foot het die kinders vermaak terwyl die boere-orkes die musiek verskaf het. ‘n Skildery van André Taljaard is ook opgeveil by die fees.
Baie dankie aan elke lid van die gemeenskap wat die fees ondersteun het. Ook dankie aan elkeen wat ver gereis het om deel te wees van hierdie dag.
Sien julle volgende jaar!
