Headlines

Thaba vrou  beroof

5 April 2019 · Platinum Bushvelder

Thaba vrou 
beroof

Thabazimbi – Christelle Barnand en haar dogter Janita, wat in die woonstel op die perseel van die Suid Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Thabazimbi kantore woon, is Dinsdag 26 Maart laatmiddag beroof.


Christelle en haar dogter het na werk ongeveer 16:20 die woonstel verlaat en haar hond by haar ma gaan oplaai. Hulle was net ‘n kort rukkie weg.


Later die aand toe Christelle die televisie aanskakel, kom sy agter dat haar twee skootrekenaars en herlaaiers weg is. By verdere ondersoek vind Janita toe dat haar selfoon, herlaaier en luidsprekers ook weg is.


Hulle het ‘n saak by die polisie oopgemaak. Die polisie het patrollie gery, maar niks gewaar nie.
Christelle het ‘n waarskuwing op die Thabazimbi noodgroep geplaas, waarop nóg mense gereageer het – wat ook op dieselfde dag beroof is.