VLU op die radio

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Strewe- en Northam-takke het op 8 Februarie gaan kuier by Waterberg Stereo.
Die man met die mooi stem, James Breedt, het met hulle gesels oor die doelwitte van die VLU – om vroue op te hef en te bemagtig.
Hulle het ook geklets oor vanjaar se Bosveldstreek konferensie en watter kompetisie artikels voorberei word.
