Community

SAVF is reg vir die vakansie!

22 February 2019 · Platinum Bushvelder

SAVF
is reg vir die vakansie!

Thabazimbi – Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Thabazimbi-tak bied van 18 tot 29 Maart ‘n vakansieprogram aan vir die jongspan.


Die program sal plaasvind van 09:00 tot 13:00 en die kostes beloop R30 per dag per kind. Indien jou kind vir die hele vakansie kom en die betaling vooruit gedoen word, beloop die program slegs R150 per kind.


Dit beloof om ‘n program vol speel en pret te wees en ‘n ligte middagete sal voorsien word. Vir meer inligting, skakel Sylvia Smit op 076 229 6586 of die SAVF kantoor op 014 777 1093.