‘n Lekker dag vir ‘n maraton

Thabazimbi – Die Marakele Marathon het vanjaar sy tiende herdenking gevier op Saterdag 2 Maart by die Marakele Nasionale Park.
Daar was ‘n pretdraf van 5km en ook die 10km, 21km of 42km afstande vir die meer geharde atlete. Etlike duisende deelnemers het saam kom draf en ander het sommer net gestap.
Mense het van wyd en suid gekom in allerhande uitspattige uitrustings om hulle unieke groot 5 renoster medaljes te kom verower.
Coca Cola was die titelborg van hierdie jaar se maraton en die gedagte om hierdie naweek meer-en-meer uit te brei om ‘n toerisme- ankergeleentheid vir Thabazimbi te word, is beslis behaal.
