Geliefde dokter op plaas vermoor

Lephalale – Dr Werner Emslie (55) het oudergewoonte op die stoep gesit op sy plaas by Afguns toe vier mans, twee gewapen met handgewere, hom oorval het. Een van die aanvallers het die sneller getrek en Dr Emslie koelbloedig geskiet sowat 20h00 op Woensdagaand, 20 September.
Die aanvallers het Dr Emslie se vrou, ook ‘n Dr, geskiet. Sy het die insident oorleef maar is met ernstige wonde inderhaas in die hospitaal opgeneem.
Die Polisie in Lephalale het ‘n klopjag van stapel gestuur om die vier gewapende aanvallers vas te trek vir plaasmoord.
Gedurende die voorval het die verdagtes met twee pistole en ‘n wit Toyota dubbelkajuit bakkie (registrasie: DTR 758 L) mee weggedoen. Die voertuig is later opgespoor sowat twee kilometer van die plaashuis.
Enige iemand met informasie moet asseblief die Polisie kontak by 086 001 0111 of die sms-lyn by 32211.
“Die ondersoek duur voort,” aldus lt kol Moatshe’ Ngoepe, polisiewoordvoerder.
