VLU ZONNEBLOM-TAK, BEVEILIG JOUSELF!

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Dinsdag 5 Maart hul maandelikse vergadering gehou.
Die gasvroue vir die dag was skakelbeampte Thereasa Tolmay, Normandie de Bruyn en Erika Heymans. Die tema vir die byeenkoms was ‘beveilig jouself’.
Thereasa Tolmay, ook ‘n skopboks instrukteur, het die groep self-verdediging klasse gegee en geleer hoe om hulself te beveilig in ‘n nood situasie.
Die groep het behoorlik die skopsakke laat les opsê.
Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, skakel gerus skakelbeampte Thereasa Tolmay op 072 544 5168.
