‘n Gesonde VLU Northam-tak

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak se tema tydens hul vergadering op Donderdag 7 Maart, was gesondheid.
Suster Helena Greeff het met die lede gesels oor hoë bloeddruk en hoe om jou cholesterol beter te beheer.
Die boom van die jaar, die Maroelaboom, is uitgestal en Riana Oosthuizen het die groep meer vertel oor die boom en die verskillende produkte wat van sy sap gemaak kan word.
Vir enige navrae of om deel te wees van VLU Northam-tak, kontak skakelbeampte Chantell Steynberg by 061 326 2724.
