Schools & sport

Northam Platinum Rhinos  gaan vir jaar drie in die  Gold Cup

15 March 2019 · Platinum Bushvelder

Northam Platinum Rhinos 
gaan vir jaar drie in die 
Gold Cup

Northam – Die Northam Platinum Rhinos rugbyspan vier hul 25ste bestaansjaar in 2019. Dié jaar sal die derde keer wees wat die Rhinos aan die Gold Cup deelneem.

Die toernooi bestaan uit die beste klub van elke rugby unie in die land. 
In hul eerste jaar het die Rhinos 17de geëindig uit 20 spanne – en in die tweede jaar, agste. Die jaar hoop hulle om weer ‘n paar posisies op te skuif en sal verseker alles in die stryd werp om die toernooi te wen.


Hulle verteenwoordig die hele Limpopo provinsie in die toernooi en dit bly altyd ‘n groot voorreg. In die 2019 toernooi was hulle eerste poel wedstryd teen Worcester Villigers in Worcester gewees. Hulle het die spannende wedstryd 41-40 gewen. 


Op 14 Maart het hulle na Kaapstad vertrek vir die tweede kragmeting teen Durbell. Die wedstryd vind op 16 Maart om 16:00 plaas. Die wedstryd sal op hul Facebook blad uitgesaai word.


Die wedstryd is ‘n maak of breek wedstryd. Trap hulle klei die naweek, moet hulle op 22 Maart op tuisbodem teen Progress van George wen om te kwalifiseer vir die volgende rondte.