‘n Dag op die gholfbaan

Thabazimbi – Selfs die wind op 2 Maart by die MBT Petroleum en Thabazimbi golf klub se golf toernooi het nie die geesdrif gedemp nie – inteendeel, die dag was ‘n reuse sukses.
Die formaat van die dag was American scramble. Sowat 80 deelnemers het ingeskryf vir 20 vier-balle en die wenners vir die dag was Adrian Stander, Alana de Jager, Thinus Collins en Martin Meintjies.
Hierdie was die eerste jaar wat die toernooi aangebied word en sal nou ‘n jaarlikse instelling wees.
