
IS JOU HOENDERTJIES AL GEPOETS EN GEPOEIER VIR DIE SKOU?
Thabazimbi – Die Thabazimbi Landbouskou is om die draai en die hoender skou-afdeling groei jaarliks. Hoenders, net soos beeste en skape, moet lank voor die tyd berei word vir ‘n skou. Jy kan nie net voor ‘n skou in jou hoenderhokke ingaan en ‘n paar hoenders gaan vang nie.











