/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
17 August 2018

So skop die Curriebeker weer af vir 2018 ou grote! Die 2018 kampioenspan, die WP, sal moeilik afstand doen van die gesogte trofee.


Die naaswenners van verlede jaar, die Haaie, sal egter dalk die span wees om te klop vanjaar. Die Bulle behoort na die storms rondom gewese coach oom kwaai John, ook weer dalk die verrassing van die seisoen te wees.


Die Vrystaters gaan maar weer sukkel, want so tussen Europa en SA met spelers wat in die Pro-14 moet speel gaan dinge nie so maklik wees nie... Die Lions is ook effens mank na ‘n hele paar staatmakers oorsee gaan speel. Die Griekwas en die Pumas behoort dalk een of twee verassings na die tafel te bring maar is nie eindstryd gehalte nie.


Die eerste skote wat gaan klap is in die Mbombela Stadium op 17 Augustus om 16:00 met die Pumas wat gasheer vir die Griekwas gaan speel.


Om 18:00 draf die Vrystaat teen die Bulle in Bloemfontein uit en dit kan nogal ‘n lekker game wees om te gaan kyk.


Nou ja, nag vir eers ou groot seun...

 

2018 RUGBY KAMPIOENSKAPPE

 

Op die internasionale front is daar ook weer aksie met die jaarlikse rugby kampioenskappe wat afskop in Australië. Die Aussies draf teen die All Blacks uit in die ANZ Stadium om 10:45 Saterdag oggend.

Hierdie 23-tal van Nieu-Seeland is des moontlik die beste span ooit wat op die planeet aarde in ‘n toets gaan speel ou groene.


Die Springbokke draf in Durban teen die Pumas uit om 16:05. Dit behoort ‘n lekker gelykop stryd te wees tussen die twee rugby reuse.


Die Germaanse spuitdrankies en die tjops op die kole is weer aan die orde van die dag hierdie naweek... ou skoonma is weer vir ‘n week dikbek en as sy haar oë uitvee is dit al weer Saterdag.


Nag ou groenes...

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0