Community

Drie dae van Genesing, Groei en Genade

23 June 2025 · Platinum Bushvelder

Drie dae van Genesing, Groei en Genade

Thabazimbi – Vroue van alle ouderdomme word hartlik uitgenooi na ‘n kragtige en lewensveranderende geestelike kamp wat van 20 tot 22 Junie 2025 by Tarentaal Pan buite Thabazimbi plaasvind.

Onder die tema “Jy is uitgekies vir ’n tyd soos hierdie. Jy is gekroon met Sy heerlikheid,” bied die Thabazimbi Vrouekamp ’n unieke geleentheid vir geestelike verdieping, rus en verbintenis met ander dogters van God.

“Kom kamp saam met ons. Kom beleef God se grootheid, Sy goedheid, en deel in Sy teenwoordigheid,” nooi organiseerder Fredelene Ferreira.

Die koste vir die naweek beloop R600, en plekke is beperk. Besprekings word sterk aanbeveel om teleurstelling te voorkom.

Vir navrae en besprekings, skakel Fredelene by 071 115 8066.