Community

Help ons om Hannes se laaste rusplek te verseker

18 June 2025 · Platinum Bushvelder

Help ons om Hannes se laaste rusplek te verseker

Thabazimbi – Dit is met diepe hartseer dat die familie en vriende van Johannes “Hannes” Pieterse afskeid neem ná sy heengaan op Dinsdag 27 Mei 2025. Hannes is op 27 Maart 1984 gebore en het 32 jaar lank in Thabazimbi gewoon, waar hy bekend was as ’n liefdevolle pa, broer, seun en vriend.

Hannes laat sy pa, sussie en seun agter, en sy heengaan laat ’n leemte wat moeilik gevul kan word. Sy familie rig nou ’n nederige versoek aan die gemeenskap om hulle te help om sy verassing te kan bekostig. Daar word nog R2,000 benodig om die kostes te dek.

Indien jy ’n bydrae wil maak, kontak asb. Ina Kruger by 083 639 9658 of Salome Pieterse by 073 729 0195.

Die familie bedank elkeen vir hul ondersteuning, gebede en liefde in hierdie moeilike tyd. “Ons sal Hannes onthou vir sy sagte hart en opregte gees – mag hy in vrede rus.”

Photo: Johannes “Hannes” Pieterse – ’n geliefde pa, broer en vriend.