Community

AfriForum kikker Thabazimbi op vir jaarlikse Bosveld-interhoër 

5 March 2025 · Platinum Bushvelder

AfriForum kikker Thabazimbi op vir jaarlikse Bosveld-interhoër 

Thabazimbi – Ter voorbereiding vir die 61ste Bosveld-interhoër by Hoërskool Frikkie Meyer, het die AfriForum-tak in Thabazimbi slaggate op die dorp se paaie begin regmaak. Meer as 150 sakke teer is reeds in slaggate ingewerk op die roetes wat na die skool lei. 

AfriForum het hierdie projek in samewerking met verskeie ander plaaslike organisasies aangepak, insluitende Pure Bushveld Venison, Monate B&B, die Thabazimbi sakekamer, Hoërskool Frikkie Meyer en personeel, asook lede van die gemeenskap.

Vir verdere inligting of om betrokke te raak by AfriForum in Thabazimbi, stuur ’n e-pos aan Janine van Aardt, die takvoorsitter, by voorsitter.thabazimbi@afriforumtak.co.za of besoek www.wordlid.co.za.