Ysterberg Voortrekkers skop 2025 af met rekordgetalle

Thabazimbi – Die Ysterberg Voortrekkers het die nuwe jaar met ‘n slag begin tydens hul eerste spanbyeenkoms en vlaghysingseremonie vir 2025. Met ‘n rekordgetal jeuglede wat aangesluit het, is die offisiere opgewonde oor die jaar wat voorlê – ‘n jaar vol avontuur, leer en spanbou!
‘n Familie, nie net ‘n span nie
“Ons is nie net lede nie, ons is ‘n familie – ‘n wen-span!” sê die offisiere met trots. Die groeiende getalle toon hoe Voortrekkers steeds ‘n belangrike rol speel in die ontwikkeling van die jeug, met ‘n sterk fokus op leierskap, kultuur en avontuur.
Ouers wat vir hul kinders hierdie pad gekies het, speel ‘n belangrike rol in die Voortrekker-gemeenskap, en die offisiere spreek hul opregte dankbaarheid uit vir die ondersteuning.
Afrikaans leef voort – 100 jaar en steeds sterk!
Hierdie jaar vier die Afrikaanse taal sy 100ste bestaansjaar – ‘n mylpaal wat met trots gevier word deur die Voortrekkers. “ONS KAN IN AFRIKAANS!” is nie net ‘n slagspreuk nie, maar ‘n lewenswyse vir hierdie trotse groep jeuglede.
Kontak ons
- Vir meer inligting of om aan te sluit:
- Danie Naudé (Veldkornet): 082 738 6737
- Annamart Jarman (Administrasie): 083 262 4561
- Nelia Pieterse (Bemarking): 073 093 2169
Foto: ‘n Trots Voortrekkerbul lei sy stoet met geesdrif – gereed vir ‘n jaar van avontuur en samehorigheid!
