Community

‘n Hartlike Dankie uit Ons Winkel 

4 February 2025 · Platinum Bushvelder

‘n Hartlike Dankie uit Ons Winkel 

Thabazimbi – In ‘n tyd waar gemeenskap en samewerking ‘n verskil maak, wil Ons Winkel Thabazimbi ‘n opregte woord van dank uitspreek aan elke skenker en koper wat daagliks bydra tot hul voortbestaan.

“Dankie aan ons lojale kliënte wat ons ondersteun – julle is die rede waarom ons deure oop bly,” sê eienaar Ancia Sieberhagen. “Aan ons skenkers, julle vrygewigheid maak dit moontlik om ‘n verskil te maak. En aan ons kopers, deur julle aankope help ons soveel mense met die fondse wat ons insamel.”

Met die nuwe jaar voor die deur, spreek Ons Winkel Thabazimbi die wens uit dat 2025 ‘n geseënde jaar sal wees vir die hele Thabazimbi-gemeenskap.