Community

VLU Northam trap die nuwe jaar met energie af!

29 January 2025 · Platinum Bushvelder

VLU Northam trap die nuwe jaar met energie af!

Northam – Die Vrou Landbou Unie (VLU) Northam-tak het 2025 met opwinding en nuwe energie afgeskop tydens hul eerste vergadering op Donderdag, 16 Januarie 2025. 

Vyf nuwe lede — Sanel van der Nest, Thea Krause, Amanda Els, Charmaine du Buisson, en Hulda Ras — het by die tak aangesluit en is met ope arms verwelkom. Die bestuurspan, wat die gasvroue vir die maand was, het alle lede hartlik terug verwelkom ná hul vakansie en opwindende planne vir die jaar bespreek.

In ‘n spesiale oomblik is ‘n verjaardaggeskenk oorhandig aan Thea Krause, die verjaarsdagdame van die maand, deur die tak se “spokie mamma.” Tydens die teebreek is verlore geselsies ingehaal en bewondering uitgespreek oor die pragtig versierde penne wat Franette Pienaar laat maak het.
Met ’n vol kalender en groot vooruitsigte, sien die VLU Northam-tak uit na ’n jaar vol geleenthede, inspirasie en saamkuier. 

Photo: Links van voor: Franette Pienaar (vise-voorsitter), Marie Hunter, en Hulda Ras (nuwe lid). Middel: Charmaine du Buisson (nuwe lid). Agter van links: Sandra Meyer,  Amanda Els (nuwe lid), Riana Oosthuizen (voorsitter), Magda Milton, Thea Krause (nuwe lid), Tanja Kuhn (sekretaresse), Sanel van der Nest (nuwe lid), Priscilla Atkins (skakelbeampte), en Desre Janse van Vuuren (tesourier).