HFM se hoofseun en hoofdogter verwelkom 2024

Thabazimbi - Hoërskool Frikkie Meyer se nuwe hoofseun, Echard de Klerk, en hoofdogter, Dimion Visser, het ‘n hartlike boodskap vir die Ertsies-gemeenskap.
“Dag almal! Ek is Dimion Visser, julle hoofdogter vir 2024,” en “ek is Echard de Klerk, julle hoofseun van 2024. Ons is opreg opgewonde om al ons medeleerders hier te verwelkom en kan nie wag om te sien hoe julle sal uitblink en groei as ware Ertsies,” sê Dimion en Echard.
“Frikkie Meyer is ‘n spesiale plek vir elkeen van ons om te groei, leer en ‘n stempel op die wêreld te druk. Onthou om elke oomblik te geniet en die ervaring ten volle te omarm. Ons is hier om julle te ondersteun en aan te moedig op hierdie opwindende reis.”
Die skooljaar van 2024 beloof om ‘n tyd van groei, sukses en gedenkwaardige ervarings te wees vir almal by Hoërskool Frikkie Meyer. Laat ons saamwerk om hierdie jaar onvergeetlik te maak en die skool trots te maak!
Foto: Hoërskool Frikkie Meyer hoofseun Echard de Klerk en hoofmeisie Dimion Visser.
