Community

In Liefdevolle Herhinnering

10 December 2023 · Platinum Bushvelder

In Liefdevolle Herhinnering
Sophia Fredrika Venter (89), gebore op 10 Februarie 1934, oorlede op Donderdag 30 November 2023. 

Die roudiens het plaasgevind op 7 Desember om 10:00, vanuit die Gereformeerde Kerk, Thabazimbi.

“In die dae wat kom, sal ons na haar verlang en gaan haar mis, maar daar is n stille berusting in ons harte, omdat ons weet dat ons Hemelse Vader nooit ‘n fout maak nie. Ons is dankbaar vir die tere en soet herinneringe wat ons van haar het, en wat altyd gehou sal word. 
Haar heengaan word diep betreur deur haar bedroefde familie en vriende”.


Diens gelewer met waardigheid en respek deur Doves Begrafnisdienste, Michaelstraat 11, Thabazimbi. Kontakbesonderhede is 014 777 1269 (kantoor) of 083 740 7369 (24/7). 
Elizabeth Huibrecht Kruger (68), gebore op 1 Februarie 1955, oorlede op Dinsdag 28 November 2023. Die roudiens het plaasgevind op 1 Desember vanuit die N.G. Kerk te Northam.

“Almal sal haar onthou as die “kos” tannie, maar sy was soveel meer.  
Haar liefdetaal was om te versorg, om jou te bederf met ‘n piesangbroodjie of net gou iets 
lekkers om te proe. Sy was ook ‘n biegmoeder vir baie van die dorp se mense en haar gasvryheid
het almal sommer gou tuis laat voel. Sy was Northam se eie Moeder Teresa.
Ons sal haar onthou, vir haar skerp humorsin, en haar liefde vir haar kerk.
Elize, die groet het te gou gekom, ons mis jou al klaar”.


Van jou geliefde Eggenoot Koos, susters Petro en Lettie, kinders Louisa, Mariska en Nadia, asook vir die hele familie en vriende.

Diens gelewer met waardigheid en respek deur Doves Begrafnisdienste, Michaelstraat 11, Thabazimbi. Kontakbesonderhede is 014 777 1269 (kantoor) of 083 740 7369 (24/7).