In liefdevolle herinnering aan Petrus Jacobus Els, gebore 9 November 1944 en oorlede 10 November 2023. Die gedenkdiens het plaasgevind op Vrydag, 17 November 2023 om 10h30 vanuit Kleinkaap, Boutique Hotel, Clubview Centurion. “Die Here is die ewige God, en Skepper van die hele aarde, Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en Sy insig is ondeurgrondelik. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie. Baie dankie aan elkeen wat deel was van ons pa se lewe,
Wat gedeel het in sy vreugdes en hartseer en wat saam was om hulde aan hom te bring”.
Diens gelewer met waardigheid en respek deur Doves Begrafnisdienste, Michaelstraat 11, Thabazimbi. Kontakbesonderhede is 014 777 1269 (kantoor) of 083 740 7369 (24/7). In liefdevolle herinnering aan Elizabetha Magdalena Smith, gebore 14 Maart 1944 en oorlede 10 November 2023. Die roudiens het plaasgevind op Vrydag, 17 November 2023 vanuit die NG Kerk Thabazimbi. “Uit ons midde is geroep, ons geliefde vriendin, tannie, Ouma Bets in die ouderdom van 79 jaar. Spesiale, mooi herinneringe en kosbare oomblikke sal ons vir altyd bybly. Dankie vir al die toewyding, liefde, aandag… die asseblief en dankies wat gesê was tot op die einde. Ons sal troos vind in die mooi herinneringe wat vir ons agtergelaat is van ons geliefde Moeder en Ouma”.
Diens gelewer met waardigheid en respek deur Doves Begrafnisdienste, Michaelstraat 11, Thabazimbi. Kontakbesonderhede is 014 777 1269 (kantoor) of 083 740 7369 (24/7).