Schools & sport

Frikkie Meyer swemmers soos visse in die water! 

10 October 2023 · Platinum Bushvelder

Frikkie Meyer swemmers soos visse in die water! 

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het weereens getoon dat hulle swemspan ‘n krag is om mee rekening te hou. Op Woensdag, 27 September 2023, het HFM met trotse vaardigheid en passie aan hul jaarlikse Bosveld Interhoër swemkompetisie deelgeneem en indrukwekkende resultate behaal.
Nieteenstaande die stralende deelname, het twee van Frikkie Meyer se ster-swemmers hul onderskeie items gewen (goue medaljes), terwyl ‘n ongelooflike 14 leerders hulself in die tweede posisie gevestig het. Met 20 leerders wat derde plek behaal het en 22 in vierde plek, is dit duidelik dat die skool ’n diepte van swemtalent besit.

Opmerklik is dat Hoërskool Frikkie Meyer hierdie jaar met ‘n algehele vierde plek spog, net 112 punte kort van ‘n derde plek. Hierdie prestasie is ‘n beduidende verbetering teenoor hul vorige jaar se telling, waar hulle vierde gestaan het met ‘n gaping van 271 punte van die derde plek.

Met soveel belofte en talent in die skool se geledere, sien ons met groot verwagting uit na wat die toekoms vir Frikkie Meyer se swemspan inhou.