Maak jou gereed vir Thabazimbi se Oktoberfees!

Thabazimbi - Die Thabazimbi Oktoberfees vind plaas op Saterdag, 28 Oktober 2023 by die Thabazimbi Landbou Skougronde. Luister na top musiek deur Steve Hofmeyr, Scallywag en die Oompah-band. Kosstalletjies, biere en ander verfrissings sal beskikbaar wees. Rugby sal ook by die fees vertoon word vir rugbyliefhebbers.
