Schools & sport

‘n Krieket wen vir Laerskool Thabazimbi

20 September 2023 · Platinum Bushvelder

‘n Krieket wen vir Laerskool Thabazimbi

Thabazimbi – Op Donderdag 7 September 2023 het Laerskool Thabazimbi se eerstespan krieketspelers geskitter toe hulle ‘n oorweldigende oorwinning van 55 lopies oor Laerskool Tzaneen in die semi-finaal van die toernooi behaal het.

Dandries Verster, een van die span se ster spelers, het die dag uitgeblink en ‘n onvergeetlike 57 lopies aangeteken, wat ongetwyfeld ‘n groot impak op die eindtelling gehad het. Met soveel talent in die span, lyk die toekoms vir Laerskool Thabazimbi se krieket baie belowend!

Foto: Sterprestasie: Dandries Verster skitter met ‘n merkwaardige 57 lopies, wat ‘n sleutelrol in die span se oorwinning gespeel het.