IN REMEBERANCE

In Liefdevolle Herinnering aan Jan Hendrik “Karretjie” Hudson (78), gebore 29 November 1944, oorlede op 31 Augustus 2023. Die roudiens het plaasgevind op Vrydag 8 September vanuit die Nederduitse Hervormde Kerk, te Vliegepoort, Thabazimbi.
Boodskap met liefde van sy vrou, kinders, kleinkinders , familie, en vriende: “Hy was ‘n wyse mens, met raad vir als. ‘n Leermeester duisend! Diep spore wat hy agterlaat, is vol liefde, stories, mooi herinneringe en ‘n sin vir humor. Jou lewe was vol struikelblokke maar jy het elke liewe een van hul aangepak en oorkom met trots! Here, die pad vir ons toekoms was duister, maar min het ons geweet U het reeds besluit, Here gee my asseblief die krag en genade om al hierdie dinge te kan verstaan. Dankie ook O Heer dat ons paaie weer gekruis het, en vyf en dertig jaar kon saam wees. Hy was ‘n lekker ou maat met altyd ‘n grappie of staaltjie uit die verlede, ja soms ook harde woorde.
Ek dank die Heer dat hy U woord in sy hand gebêre het en dit is vir my ‘n versekering dat hy vandag by sy Vader is. Gaan jou vreeslik mis totdat ons Hemel se Vader my ook kom haal”.
Diens gelewer met waardigheid en respek deur Doves Begrafnisdienste, Michaelstraat 11, Thabazimbi. Kontakbesonderhede is 014 777 1269 (kantoor) of 083 740 7369 (24/7).
