Netbal sterre skyn helder

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer se o/14 A netbalspan is vir 2023 as die Limpopo netbal finale-liga wenners van Waterberg gekroon. Hulle het op Saterdag 10 Junie 2023 aan die Limpopo liga-eindstryde deelgeneem en met slegs een punt ʼn eindtelling van 10-11 teen Hoërskool Pietersburg verloor.
“Hierdie o/14 A netbalspan glo in hulself, mekaar, en in hulle God. Elkeen erken en waardeer mekaar se goeie eienskappe. Dit is die grootste voorreg om hulle af te rig,” vertel afrigter Mariaan Senekal.
Die spanlede, Milandi Visser, Lisa-Jean Venter, Nicole Serfontein, Leyande Koekemoer, Krista Molebatse, Abigail Venter, Mika Frohlich, en Marli Fourie, gaan deelneem aan die SA Topskole Kampioenskappe vanaf 11 tot 12 Augustus in Boksburg. Baie geluk en sterkte!
Foto: Hoërskool Frikkie Meyer o/14 netbal span ken van spanwerk.
