Schools & sport

Kolskoot vir Frikkie Meyer skuts

21 July 2023 · Platinum Bushvelder

Kolskoot vir Frikkie Meyer skuts

Thabazimbi – Baie geluk aan vier skuts van Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) wat aan die Gauteng Field Champs kompetisie op Saterdag 15 en Sondag en 16 Julie 2023 deelgeneem het. Die prestige kompetisie is aangebied deur die South African National Indoor and Field Archery Association (SANIFAA). In die JMBU afdeling (Junior Male Bowhunter Unlimited) behaal Mardus Ras ‘n eerste plek, Janco Pieterse ‘n tweede plek, en Anton Dreyer ‘n derde plek. In die AFBU afdeling (Adult Female Bowhunter Unlimited) behaal Maya Broekhuizen ‘n eerste plek.

Foto: Van links: Anton Dreyer, Mardus Ras, Maya Broekhuizen, en Janco Pieterse.