Geskiedenis is gemaak!

Thabazimbi – Die suksesvolle leerders van Hoërskool Frikkie Meyer het tussen 3 Julie en 7 Julie 2023 in Kroonstad by Trio Hoërskool geskiedenis gemaak as deel van Noord Kavaliers in die Bokkieweek. Frikkies, Devonric Swart, Echard de Klerk, Edward Terblanche, Janko van Deventer, en Tiaan Kühl het deelgeneem het in die week se B span. Dit is die eerstekeer in geskiedenis wat die B span die Bokkie week wen. Hul reis het afgeskop met ‘n wedstryd teen die Griekwas, waar hulle ‘n knap maar indrukwekkende oorwinning behaal het met ‘n puntestand van 31-29. Dag twee van die toer het die Kavaliers teen die Griffins Rugby span gewen 38-15. Die volgende dag het die Kavaliers teen Noord-Transvaal ‘n taai wedstryd gehad wat geëindig het in ‘n gelykop-telling van 22-22. Op 7 Julie het hulle teen Hoëveld die finaal gespeel en ‘n indrukwekkende oorwinning van 10-7 behaal.
Foto: Links na regs: Nico Greeff, Janko van Deventer, Echard de Klerk, Edward Terblanche, Devonric Swart, en Tiaan Kühl.
