Kom ons help! [Brief aan Redakteur]
![Kom ons help!
[Brief aan Redakteur]](/img/articles/Kom-ons-help%21.jpg)
[Brief aan Redakteur]
Tussen al die gesukkel vergeet ons maklik van ons verantwoordelikheid as mens. Ek sien soveel honde en katte wat die strate deur loop opsoek na iets te ete. Is dit nie ‘n skande dat mense hulle diere net so kan los en wegtrek en hulle net daar los by ‘n leë huis. Soms kry mense se hondekinders kleintjies want hulle is nie reggemaak nie, en dan los hulle daardie arme babas net so langs die pad iewers. Die wat wel ‘n klein bietjie hart het, doen ten minste die moeite om die diertes by die dierekliniek of TAR te gaan aflaai. Maar wat word van hierdie arme diere? Ek het uitgeruik na TAR toe om uit te vind, en tot my skok die volgende wys geword.
TAR huisves op die stadium 27 honde. Alle diere wat opgetel word, word eers vir 5 dae aangehou en op sosiale media soos Facebook en WhatsApp gesit om te kyk of eienaars eers vorentoe kom. TAR kry soms tot op 5 honde ń week in, en kan meer kry afhangend van omstandighede en veral gedurende vakansie tye. Hulle het tans nie ‘n vaste skenker elke maand wat hulle sponsor nie, en kry fondse, kos ens deur die publiek en klein besighede wat hulle help. Hulle ontvang ook geen staats befondsing nie, en hulle charity shop wat agter Thaba Spar is, genereer fondse vir die mediese prosedures soos sterilisasie / kastrasies en behandeling as daar siek hondjies is.
TAR is onder druk a.g.v. die groot honde en baba honde, en het altyd dit die dringendste nodig. Ek pleit by die gemeenskap om die charity shop te ondersteun sodat die arme weesdiertjies ‘n moontlikheid van ‘n toekoms kan hê.
#OnsKanAsOnsWil!
