Northam Rhinos 4de span kook!

Northam – Die Northam Rhino Rugbyklub se vierde span het Saterdag 8 Julie 2023 kragte gemeet teen Pretoria Rugbyklub, en wen met ‘n telling van 29-18. Ayabonga Bildokwe op nommer agt het twee puik drieë gedruk en is aangewys as speler van die wedstryd.
“Ons vierde span speel in die Blou Bulle se reserwe liga en is ook tans bo-aan die log,” aldus afrigter Flip de Kock.
