Community

Ondersteun Rooiberg as ’n finalis vir ‘Dorp van die Jaar’

14 July 2023 · Platinum Bushvelder

Ondersteun Rooiberg as ’n finalis vir ‘Dorp van die Jaar’

Rooiberg – kykNET se populêre program Kwêla hardloop jaarliks die ‘Dorp van die Jaar’ kompetisie. 
Hierdie jaar is Rooiberg benoem as die finalis vir Limpopo. Die pragtige dorp wat geleë is in die Waterbergdistrik van Limpopo, is ‘n tinmyngebied ongeveer 50 km vanaf Thabazimbi.  
Die benoeming sal beslis toerisme vir die trotse inwoners van die spogdorp bevorder. “Die dorp het in 1908 begin as ‘n myndorp. Ons dorp is uniek omdat ons veiligheid, rustigheid, en die wonderlike natuur kan beleef,” vertel Rooiberg inwoner Baba Engelbrecht op ‘n 25 Junie Kwêla episode. 
Die finale rondte vind plaas 16 Julie om 19:00 en sluit op 21 Julie 2023 om 12:00. Ondersteun Rooiberg deur die naam ‘Rooiberg’ te SMS na 33157. Elke SMS kos R1,50. Vanjaar se wendorp word op Sondag 30 Julie deur Kwêla bekendgemaak.

Vir meer inligting volg kykNET, kanaal 144 op DStv, of besoek  www.dstv.com/kyknet.