In herinnering

Thabazimbi – Dit is met groot hartseer dat Platinum Bushvelder die verlies van ‘n geliefde kollega aankondig. Petrus (Manie) Jansen, gebore 13 Maart 1957, is oorlede op Woensdag 5 Julie 2023. Petrus, ook bekend as Oom Manie, was ‘n nutsman van noot, en het amper altyd ‘n oplossing vir elke probleem gehad. Sy vriendelike natuur en hulpvaardigheid sal beslis ‘n leemte los. Boodskap van Petrus se dogter, Cornel Burger: “Vandag is my hart kleiner, want ‘n groot deel is weg saam met Pappa. Ek weet nie hoe om aan te gaan met die wete dat Pappa nie meer hier is nie. Ek wil weer vir Pappa koffie maak en saam met Pappa op die trappie sit en gesels. Daar was nie ‘n beter mens met ‘n mooier hart nie.”
Petrus se roudiens vind plaas op Vrydag 14 Julie 2023 om 11:00 vanuit die Oase Plek van Lewe (AGS), 15 Frikkie Meyer Straat, Thabazimbi.
