Community

Jongman sterf in fratsongeluk

14 June 2023 · Platinum Bushvelder

Jongman sterf in fratsongeluk

Thabazimbi – Armin Lemmer (33), ‘n tegnikus by ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy, het op Donderdag 1 Junie, verdagtes agternagesit nadat hulle opgetel is op ‘n sekuriteitskamera by ‘n skrootmetaalwerf.

‘n Elektriese skok van ‘n oorhoofse kraglyn by die spoorlyn het Armin sy lewe gekos. Armin, beter bekend as Arri deur sy geliefdes en vriende, het altyd gepoog om sy gemeenskap veilig te hou.

Gebed gaan uit na sy familie gedurende hierdie moeilike tyd. Armin se roudiens vind plaas op Vrydag 9 Junie 2023 om 11:00 by die New Way Christian Church. Psalm 62:2-3: “Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.”

Armin Lemmer, 22/10/1991-01/06/2023. 

#FosteringASenseOfCommunity