Rhinos bly bo!

Setaria - Die Northam Rhinos is verseker ‘n span om meer te reken. Die manne hou hul onoorwonne rekord en hul eersteplek op die punteleer met 94 punte na hul wedstryd teen die Tuine Grizzlies op Saterdag 27 Mei 2023.
Die eerstespan het ‘n oorwinning van 47-12 behaal, terwyl die tweedespan met 12-14 verloor het. Die derdespan wen met ‘n telling van 42-14.
Hul volgende wedstryd in die Carlton-liga sal by die Setaria Rec-klub op 3 Junie plaasvind en daar is geleentheid vir die gemeenskap om saam te kom en die Rhinos aan te moedig.
Die Rhinos se teenstander vir hierdie wedstryd is Pretoria RC, en die Rhinos sal beslis hul beste voetjie moet voorsit om weer ‘n oorwinning te behaal en hul rekord te behou.
Dus, bring jou gesin en kom ondersteun ons rugbymanne!
#FosteringASenseOfCommunity
