Kom hengel saam

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het op Saterdag 13 Mei hulle maandelikse kompetisie by een van die plaaslike damme aangebied.
Die penne was om 06:00 getrek en was daar gehengel vanaf 07:00 tot 15:00. Wenners was bepaal deur die hengelaars wat die meeste punte bymekaar gemaak het; 10 punte per vis en 10 punte per kg.
Ten spyte van die slegte weer en koue het 19 hengelaars die oewer aangedurf. Die klub verwelkom ook nuwe lid, Nathi Khanye.
Baie geluk aan die wenners as volg:
• Cubs - Ruben du Plessis
• Juniors - Henlu Maritz
• Dames - Nicolene Heydenrych
• Seniors - PJ Bezuidenhout
Die volgende kompetisie vind plaas op Sondag 4 Junie die dam sal nader aan die tyd bekend gemaak word. Alle belangstellendes kan die klubvoorsitter Rudolf du Plessis kontak op 082 921 0963 of stuur ‘n epos na thabahengelklub@gmail.com.
#FosteringASenseOfCommunity
