Schools & sport

Rhinos klim die punteleer

24 May 2023 · Platinum Bushvelder

Rhinos klim die punteleer

Setaria – Die Northam Rhinos het ‘n indrukwekkende oorwinning behaal teen die Naka Bulle op Saterdag 13 Mei 2023 in die Carlton-beker liga.

Met rustyd het die Rhinos reeds ‘n gemaklike voorsprong van 17-3 gehad en hul uiteindelike wening was 36-17. Alfie Adams was die held van die dag met twee drieë, terwyl Bruce Muller, Maverick van der Merwe, en Warren Williams elk een drie gedruk het.

Die Rhinos se tweede span het ‘n oortuigende oorwinning behaal met ‘n telling van 49-27, terwyl die derde span met ‘n telling van 28-0 gewen het. Hul volgende wedstryd is op 20 Mei 2023 teen UP-Tuks, wat net voor hulle op die punteleer lê.

UP-Tuks is tans in die eerste plek en die Rhinos in die tweede plek. Dit gaan ‘n spannende wedstryd wees en ons kan nie wag om te sien hoe die Rhinos presteer nie.

Northam Rhinos se rugbymanne en ondersteuners is tops.

#FosteringASenseOfCommunity