Elke bietjie maak ‘n verskil

Thabazimbi – Die Thabazimbi Sopkombuis het tans 265 mense wat aan hul afhanklik is vir kos.
Om die mense te help het die sopkombuis dringend hulp van die gemeenskap nodig.
Hul grootste behoefte op die oomblik is vleis en vars groente, maar enige donasies van kos kan ‘n groot verskil maak.
Vir meer inligting oor die Thabazimbi Sopkombuis kontak Riana Bekker op 072 671 9710 of Sanet Maasberg op 083 620 1837. Indien jy ‘n bydrae wil maak, lewer graag kos af by 14 Eerste Laan, Thabazimbi.
#FosteringASenseOfCommunity
