Stywe lyne vir plaaslike hengelaars

Thabazimbi - Thabazimbi Hengelklub het in 2011 tot stand gekom, en die klub groei nog by die dag. Daar is ‘n jaarlikse instelling waar die vier omliggende klubs teen mekaar deelneem vir die Bosveldtrofee.
Hierdie jaar se kompetisie vind plaas vanaf Saterdag 25 Maart 2023 om 14:00 tot Sondag 26 Maart 14:00.
Thabazimbi, Northam Platinum, Amandelbult, en UPM Swartklip se spanne is reeds besig met die groot voorbereiding wat gepaard gaan met die kompetisie.
Thabazimbi Hengelklub tree die jaar op as gasheer van die hengel kompetisie wat by Northam konsentrator aangebied sal word. Daar is 13 hengelaars per span, met ‘n spankaptein en ‘n spanbestuurder.
Vir meer navrae, kontak die klubvoorsitter Rudolf du Plessis op 082 318 6659.
#FosteringASenseOfCommunity
