Schools & sport

LIMPOPO BOOGSKIET WYS STAAL TYDENS NASIONALE KOMPETISIE

27 March 2023 · Platinum Bushvelder

LIMPOPO BOOGSKIET WYS STAAL TYDENS NASIONALE KOMPETISIE

Thabazimbi -  Die Thabazimbi Boogklub was die gasheer van die South African National Indoor and Field Archery Association (SANIFAA) se nasionale boogskiet naweek op 18, 19, en 20 Maart 2023.

Die 3-dag kompetisie het bestaan uit ‘n ‘field’ (wit en swart teikens), ‘hunter’ (swart teikens met wit kol), en ‘diere’ (swart en wit diere met ‘n ‘killzone’ vir 20 punte en ‘n lyfskoot vir 18 punte) rondte. 
Skuts uit sover Bloemfontein, Phalaborwa, Bethal en Kaapstad het hulle staal kom wys en die beste pyle kom skiet.


Die temperature was bloedig warm. Skuts moes sonroom smeer, skadu kolle soek, en elektroliete terugplaas met energie drankies. Die kompetisie was straf! 


SANIFAA veld president Gert Snyman het ‘n tegniese baan gebou waar skuts alle vernuf moes inspan om reguit pyle te skiet. 


HJ Swanepoel (Thabazimbi Boogklub) stap weg met louere in die mansafdeling, ‘Adult Male Freestyle Unlimited’ (AMFU) en skiet ‘n persoonlike beste van 552/560 op dag 2 (field). 
Dr Gary Bauer ontvang goud in die ‘Veteran Mens Freestyle Unlimited’ (VMFU). 


Die “pennetjie” visiere het 5 pennetjies waarmee tot 73 meter geskiet moes word. In die pennetjie afdeling vaar die skuts goed.

Mathilda Broekhuizen wen goud in die ‘Adult Female Bowhunter Unlimited’ (AFBU) met haar dogter Maya Broekhuizen wat in haar nek blaas met ‘n silwer medalje. Meagan Shamrock wen goud, en Shanel Furstenburg silwer in die ‘Junior Female Bowhunter Unlimited’ (JFBU) afdeling. 


Werdie van Staden (Ellisras) wen goud in die ‘Adult Male Bowhunter Unlimited’ (AMBHU)  en  Hennie van Staden (Werdie se pa) wen ook die veterane klas. 


Die Limpopo span is bobaas in die “Freestyle” afdeling met goud vir HJ Swanepoel (Thabazimbi), Chris Welgemoed (Thabazimbi) en Theuns Erasmus (Phalaborwa).

Die ‘bowhunter’ afdeling is ‘n gedugte span met Hennie van Staden (Ellisras), Maya Broekhuizen (Thabazimbi) en Werdie van Staden (Ellisras) wat goud geneem het. Die Limpopo gemengde span palm silwer in; te wete Gary Bauer, Ryan Clarke en Mathilda Broekhuizen (almal lede van Thabazimbi boogklub).

Die Junior Dames boogjagters afdeling wen Meagan Shamrock ‘n goud, en Shanel Furstenburg ‘n silwer.

#FosteringASenseOfCommunity