Ysterberg Voortrekkers bokskamp 2023

Thabazimbi – Die Ysterberg Voortrekkers se bemarking en fondsinsameling bokskamp vind op die Smart Brain Rugbyveld van Vrydag 10 tot Saterdag 11 Maart 2023 plaas.
Die bokskamp bied deurnag aktiwiteite aan; elke kind bou ‘n bokshuis by die huis en bring hom saam om in te kamp en in te slaap op die veld.
Die bokshuisies word beoordeel met pryse vir oorspronklikheid en kreatiwiteit.
Vanjaar se bokskamp tema is ‘ONS BOU’.
Elke offisier of volwassene wat betrokke is die nag, gaan ‘n speletjie aanbied wat oor ‘bou’ gaan. Almal is welkom om deel te neem; geregistreerde Voortrekkers betaal R50, en nie-geregistreerde Voortrekkers betaal R100.
Vir meer inligting kontak Danie Naudé op 082 783 6737, of Karin Naudé op
083 996 3237.
#FosteringASenseOfCommunity
