Hoe rooier hoe mooier

Makoppa/ Thabazimbi – Laerskool Van Wyksraal se Graad R klassie het op Dinsdag 14 Februarie 2023 ‘n rooi dag gehou. Juffrou Elmare Weatherall-Thomas het te fraai gelyk met haar Rooikappie uitrusting en die ‘wolf’ het ook vir groot pret gesorg onder die jongspan. Aangesien rooi aan die oorde van die dag was het die klas ook sommer Valentynsdag gevier met allerhande lekkernye soos rooi gekleurde kolwyntjies en broodjies in die vorm van hartjies. Valentynsdag by Laerskool Van Wykskraal beteken veel meer as bloot ‘n romantiese konnotasie. Hier word liefde en respek bevorder en uitgeleef in alles wat die skool aanpak.
Die ouer grade sal op 17 Februarie 2023 hul Valentynsdag viering geniet aangesien dit gepaard gaan met die Graad 7 verkoping waar leerders hul ondernemingsgees en sakevernuf ‘n hupstoot sal gee.
Weatherall-Thomas in haar Rooikappie uitrusting.
#FosteringASenseOfCommunity
