Schools & sport

WYKIES SE ATLETIEK IS TOPS

4 February 2023 · Platinum Bushvelder

WYKIES SE ATLETIEK IS TOPS

Makoppa/ Thabazimbi – Laerskool Van Wykskraal  is ‘n Afrikaanse laerskool ongeveer 40 km buite Thabazimbi op Makoppa.

Die skool het tans sowat 80 leerders met busvervoer beskikbaar vanaf Thabazimbi. Die skool het hul jaarlikse huissport aangebied op Woensdag 25 Januarie 2023 waar die groen en geel spanne mekaar aangedurf het.

Leerders het hul gate uit geniet en puik presteer met 22 leerders wat deurgedring het na die kringbyeenkoms te Koedoeskop op 27 Januarie 2023. Die skool spog met vier atlete wat by die kringbyenkoms deurgedring het na die area byeenkoms te Bela-Bela.

Groot pret tydens die huissport by Laerskool Van Wykskraal.

#FosteringASenseOfCommunity