‘n Goeie begin vir VLU Zonneblom-tak

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak het op Donderdag 19 Januarie 2023 die jaar met groot opgewondenheid afgeskop.
Tydens die samesyn het hul die projekte vir die jaar bespreek. Hoog op die agenda is vroetelkombersies, poppe, en popklere vir bejaarde mense met Alzheimersiekte. Hulle beoog om die jaar ‘n duidelike verskil te maak in almal om hul se lewens.
Vir meer inligting om deel te word van die VLU Zonneblom-tak span, skakel voorsitter Gerda Smit gerus op 083 291 3666 of skakel Rhona Jacobs op 072 311 1256.
