Community

Mediclinic Thabazimbi tops! Letter to the editor

13 February 2023 · Platinum Bushvelder

Mediclinic Thabazimbi tops!

Letter to the editor

Thabazimbi – Ons as dorp is so bevoorreg om ‘n Mediclinic in Thabazimbi te hê, en daarmee saam soveel dokters tot die gemeenskap se beskikking.
Dit maak dinge soveel makliker om in mens se eie dorp in die hospitaal opgeneem te kan word. Baie dankie aan al die personeel vir julle hulp, ondersteuning en vriendelikheid; jul lewe volgens die eed wat jul af gelê het. Daar is nie een ongeskikte personeellid nie, jy voel so tuis soos familie.


Dankie aan die kombuis vir die heerlike kos, dankie aan die skoonmakers vir so mooi skoon en blink plekkie, en nie eens te noem die verpleegsters en susters wat so onbaatsugtig reg staan en heeltyd met ‘n glimlag gereed is om te gesels en luister.  
Van ontvangs waar ek my opname moes doen op Woensdag 1 Februarie 2023 reg deur, is my naam nie vergeet nie.


Julle doen werklik so baie en nog meer. Dankie vir die geselsies en die grappies en dat julle werk vir jul ‘n passie is. Dankie aan elke dokter wat instap of jy nou sy/haar pasiënt is, maak nie saak nie, jy word opgemerk en niks staan in hul pad om gou te groet nie.
Ek wil ook graag spesiaal dankie sê aan dokter Jana Mari du Plessis; jy is werklik ‘n vrou met hart van goud en ‘n engel van bo.
Shilo Bronkhorst

#FosteringASenseOfCommunity