HFM oorheers op akademiese gebied

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer het met trots op Vrydag 3 Februarie 2023 aangekondig dat van hul Graad 12 onderwysers benoem is as beste Graad 12 vakpersoneel vir 2022 in die Waterberg distrik. Baie geluk aan die volgende onderwysers:
- Afrikaans huistaal: Me. Martie Boshoff en Me. Lorraine Vorster
- Rekeningkunde: Me. Angelique Schoeman
- Toerisme: Me. Christi Brits en Me. Henriëtte Gildenhuys
- Ingenieursgrafika en Ontwerp: Mnr. Danie Fouché
#FosteringASenseOfCommunity
