Headlines

Net nóg ‘n gat in die pad

13 December 2022 · Platinum Bushvelder

Net nóg ‘n gat in die pad

[Skrywe aan die redakteur]

Thabazimbi – Thabazimbi se strate omskep in ‘n een-rigting-pad! Ek ken soveel mense wat die  bandewinkels verryk het die afgelope maand as gevolg van slaggate!

Ek het selfs ‘n vriendin wat op ‘n Vrydag haar wiel moes vervang—en weer die Maandag daarna!
Hoe raak dit so erg? Wanneer laas is die strate skoongemaak om te probeer voorkom dat die klippe skade maak? Hoe lank gaan dit nog totdat voertuie begin bots? 


Ek sug elke keer as ek my burgerlike plig moet doen en belasting betaal, want dit word verseker nie gebruik om my behoeftes na te kom nie. Ek sug elke keer as ek ‘n groep werkers sien wat almal onder die boom lê—behalwe vir die een ‘pliggie’ wat darem probeer om sy geld te verdien.

Ek sug wanneer ek in die aand in die dorp ry en sien dat nog ‘n nuwe straatlig af is. Ek sug as ek my wiel met ‘n slaggat moet straf (want daar is geen manier om uit te draai nie). Waarheen gaan my belastinggeld?


Moedeloos

#FosteringASenseOfCommunity