Headlines

Kadet- en Lanternkorps het groot pret

7 November 2022 · Platinum Bushvelder

Kadet- en Lanternkorps het groot pret

Northam – Kommandokorps van Rustenburg en Northam se Kadetkorps en Lanternkorps het op Saterdag 29 Oktober 2022 deelgeneem aan ‘n opleidings- en pretdag. 


Daar was ‘n vlotbou kompetisie, skietkompetisie, potjiekos kompetisie en skyfskiet kompetisie. Die Lanternkorps se vlot het vinnig gevaar, maar hulle het hul vierkleurvlag verloor aan die einde. Hulle het egter die spangees kompetisie verower. 


Aldus Kololonel Franz Jooste, uitvoerende hoof van  die Kommandokorps: “Ons beplan om dié kompetisies na ‘n hoër vlak van mededinging te neem, sodat ons meer inskrywings kan werf.”


Die Kommandokorps leer die jongspan meer van hul erfenis, oorlewing in die veld, selfverdediging, spanbou, gemeenskapsdiens, algemene veldkunde en navigasie in die natuur. 


“Die spanbou aksies is nie net groot pret vir die kinders nie, dit is ook opvoedkundig,” sê Lantern-sammajoor  Karen Alexander. 


Vir meer inligting kontak Alexander op 076 513 9948.

Groot pret tydens die skyfskiet kompetisie.
Die vlotte vaar uit.

#FosteringASenseOfCommunity