Schools & sport

LAERSKOOL THABAZIMBI  WEN DIE FINAAL

26 October 2022 · Platinum Bushvelder

LAERSKOOL THABAZIMBI  WEN DIE FINAAL

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi se o/10 krieketspan het op Dinsdag 18 Oktober 2022 teen Laerskool Pietersburg Oos in die Limpopo finale te staan gekom. Hulle maak 159 vir 5 in hulle 25 beurte.

Kolwers wat presteer het: 

  • Dihan Lensley - 58
  • Arnu Snyman - 41 
  • Julian Olivier - 19

Laerskool Thabazimbi se boul was rooiwarm en Pietersburg Oos word uitgeboul vit 76.

Boulers wat presteer het:

  • Arnu Snyman - 3 paaltjies
  • Henlo Maritz - 3 paaltjies
  • Dihan Lensley - 2 paaltjies
  • Egan Smith - 1 paaltjie

Laerskool Thabazimbi wen die Limpopo finaal met 84 lopies!

Dihan Lensley behaal 58 lopies.

#FosteringASenseOfCommunity